Belhar bespreking



Die Belydenis van Belhar is om ‘n verskeidenheid van redes nie aanvaarbaar as Belydenisskrif vir die NGK nie.

MOTIVERING:

Spreek Belhar se inhoud regtig sake aan waaroor die formuliere van Eenheid (FE) swyg?

Die inhoud van Belhar kan opgesom word in drie temas: eenheid, versoening en geregtigheid. Hierdie sake of temas word ook in die FE benadruk. Belhar se opstellers het egter gevoel dat die FE nie genoegsaam ingaan op hierdie temas om 'n ideologiese dwaling in Suid-Afrika te voorkom nie. Die gevolg was apartheid, diskriminasie en 'n skewe ideologie in die destydse kerk. Daarom wil Belhar hierdie sake duideliker toelig. Vervolgens moet die FE nagegaan word in die vraag of dit regtig ruimte laat vir 'n skewe ideologie rondom hierdie sake –

(Dordtse Leerreels-DL, Heidelbergse Kategismus-HK en Nederlandse Geloofsbelydenis-NGB)
-DL Hoofstuk 2 . 5: "Hierdie belofte moet aan alle volke en mense...sonder enige onderskeid verkondig en bekendgestel word".
-DL Hoofstuk 2.8: "Dit was die wil van God dat Christus deur die bloed van die kruis ... uit elke volk, stam, geslag en taal.. sal verlos..."
-HK 40 Vraag 105: "Ek mag nie self en ook nie deur iemand anders my naaste onteer, haat, beledig of doodmaak nie... nie met my gedagtes, woorde of gebare... en nog minder met die daad"
Vraag 106... "Hy die wortel daarvan soos afguns, haat, woede en wraaklus verafsku."
Vraag 7O':...."terwyl God afguns, haat en woede verbied, gebied Hy dat ons ons naaste moet liefhê soos onsself. Ons moet teenoor hom geduldig, vredeliewend, sagmoedig, barmhartig en vriendelik wees, alles wat hom kan benadeel/ sover moontlik probeer voorkom en selfs aan ons vyande goed doen."
-NGB Artikel 27..."Verder is hierdie heilige kerk nie geleë in, gebonde aan of bepaal tot ‘n sekere plek of sekere persone nie".
-HK 42 vraag 117..." Ek moet die belange van my naaste, waar ek kan en mag, bevorder en hom so behandel soos ek wil hê dat hy my moet behandel. Daarby moet ek my werk ook getrou doen sodat ek die behoeftiges in hulle nood kan help."
Uit hierdie enkele dele is dit duidelik dat die FE geen ruimte Iaat vir 'n ideologie van diskriminasie en onderdrukking en nalaat van behoeftiges nie. Nog 'n belydenisskrif was en is dus nie nodig rakende hierdie sake nie. Die probleem in Suid-Afrika was dus dat die NGK nie sy belydenis ernstig opgeneem en uitgeleef het nie. Die NGK is egter hier nie alleen in die beskuldigde bank nie. Die VGK het eerder as om die kerk se bestaande belydenisskrifte profeties te verkondig aan die NGK, die vreemde weg gevolg om ‘n nuwe belydenisskrif te gaan opstel rakende sake wat helderder en suiwerder in die bestaande belydenisskrifte bely word. Waarom het die VGK nie bloot herhaaldelik die bestaande belydenisskrifte aangehaal teen die skewe ideologie van destyds nie? Kan dit aanvaar word dat ook die VGK nie meer erns met die FE gemaak het nie? Dit is duidelik dat daar dus rondom hierdie sake geen nuwe belydenisskrif nodig was nie. Des te meer aangesien die NGK en VGK, skynbaar beide, in ‘n krisistyd nie erns met die FE gemaak het wat die dwaling sou afwys nie. ‘n Verdere belydenisskrif rondom hierdie sake maak 'n bespotting van die erns van die kerk met belydenisskrifte. Vergelyk ook die impulsiewe wyse waarop Belhar ontstaan het. Het die VGK regtig moeite gedoen om hulle besware vanuit die FE te doen? Die antwoord is nee (Lees Daniëls :2001 195 oor die impulsiewe ontstaan van Belhar) Indien ’n kerk van gereformeerde oorsprong skielik diefstal sou begin sanksioneer, is 'n nuwe belydenisskrif tog sekerlik nie nodig, as die FE tog duidelik, in lyn met die woord, diefstal afwys nie? Dit geld tog ook die geval as 'n Kerk teen sy eie belydenis in diskriminasie, apartheid en onderdrukking sou sanksioneer.

Beantwoord Belhar se inhoud aan die kriteria vir 'n gereformeerde belydenisskrif?

Hierdie afdeling word kortliks bespreek om bewusmaking te skep van die eensydige formulerings van Belhar. Hierdie eensydighede in Belhar bring dit reeds in botsing met die Skrif en FE.
Eloff (1998;13) haal KareI Barth aan: “ ‘n Belydenis mag nooit met enige bymotief geskied nie. Ek mag dus nooit bely om daarmee... hierdie of daardie politieke bestel 'n nekslag toe te dien nie. Dit mag alleen gaan om die eer van God".
Jonker sê (1994;5): "Met die reformasie ontstaan daar egter ‘n totaal ander situasie (as in die Roomse kerk). Dit is uit die ontdekking wat Luther van die Pauliniese boodskap van die regverdiging deur die geloof gemaak het. Daardeur is die hele Skrif in 'n nuwe lig gepJaas en die hele lewe van die kerk aan ‘n heroriëntering onderwerp waarvan daar noodwen-dige rekenskap afgelê moes word. So ontstaan die verskynsel ‘belydenisskrif' ".
By Belhar is daar nie sprake van "die hele Skrif in 'n nuwe lig waarvan noodwendige rekenskap" moet volg nie. Belhar staan bloot krities teenoor 'n tydsgebonde ideologie waarvoor die bestaande belydenisskrifte reeds geen ruimte gelaat het nie. Belhar voldoen dus hoogstens aan die vereistes van 'n kritiese dokument wat ontstaan het uit 'n stryd teen apartheid (vgl Daniëls;2001:195).
Belhar se inhoudelike formulerings geskied verder boonop halsoorkop. Danzfuss bevestig eintlik maar net Daniëls se woorde met sy volgende kommentaar oor die verloop met die totstandkoming van Belhar se inhoud:
“...‘n Nuwe belydenisskrif. Sonder dat daar ooit so ‘n item op die agenda was, besluit die sinode om hul eie nuwe belydenisskrif op te stel. Nadat die veroordeling van apartheid en die besluit oor die Status Confessionis goedgekeur is, staan prof Bam op en verduidelik dat die besluit ingrypende implikasies het. Hy wys dat die sinode verplig is om verder te gaan en ‘n nuwe geloofsbelydenis moet opstel. Die moderatuur benoem toe ‘n kommissie wat nog tydens die vergadering ‘n geloofsbelydenis vir goedkeuring moet voorlê. Hulle ontvang geen duidelike opdrag oor die inhoud van die belydenis nie. Al wat duidelik was, was dat dit teen apartheid moes wees, en dat dit baie haastig opgestel moes word.” (Danzfuss)
Tereg haal Danzfuss vir Jonker en Heyns as volg aan:
“Enige persoon wat met die historiese agtergrond en teologiese inhoud van ons gereformeerde belydenisse vertroud is sal erken dat dit nie dokumente is wat lukraak en onnadenkend saamgeflans is nie. Gereformeerde belydenisse is goeddeurdagte en noukeurig geformuleerde dokumente. Heyns en Jonker is reg as hulle sê: ‘Die belydenisskrifte is immers die geformuleerde en gesaghebbende uitdrukking van die geloof van die kerk. Die kerk doen dit op geen onsekere toon nie … Dit wil niks anders wees nie as ‘n gelowige en lofprysende repetitio Sacrae Scripturae – ‘n naspreek van die spreke van die Skrif’ (Op Weg met die Teologie, p 200). In ‘n ander bron sê prof Jonker: ‘die Protestantsebelydenisskrifte dra die karakter van omvangryke teologies deurdagte en noukeurig geformuleerde dokumente’ (Bevrydende Waarheid, p 11)”
Danzfuss skryf verder:
“Volgens Heyns en Jonker is ‘n gereformeerde belydenis vir die kerk ook ‘n regula fide – ‘n geloofsreël wat die ware geloof van die dwalinge onderskei. ‘n Wesenlike element van elke belydenis is dat dit polemies gerig is teen allerlei vorme van kettery. Die gereformeerde belydenisse stel gewoonlik die waarheid positief, formuleer dit noukeurig om alle misverstande uit te skakel, en onderskei dan die leuen aan albei kante (links en regs) van die waarheid.
Dit is in lyn met God se opdrag aan sy volk in Josua 1:7 en 23:6. ‘n Pragtige voorbeeld van sulke gebalanseerde geloofsreëls kry ons in die Dordtse Leerreëls wat die waarheid eers noukeurig formuleer en dan na links en regs die dwalings afwys. Die belydenis van Belhar is nie ‘n gebalanseerde geloofsreël nie, maar ‘n eensydige protesskrif wat van begin tot einde slegs oog het vir dwalings na regs, terwyl dit die dwalings na links nie net ignoreer nie, maar selfs huisves. As voorbeeld kan gekyk word na Belhar se belydenis oor versoening. Belhar verwerp alles wat die horisontale versoening tussen mense kan benadeel. Van die vele dwalinge wat versoening slegs horisontaal sien, en so die vertikale versoening tussen God en mens misken, word egter niks gesê nie. Sulke dwalinge word selfs in Belhar gehuisves deur sy taalgebruik wat aan die bevrydingsteologie ontleen is. Belhar is te eensydig om as regula fidei vir ‘n gereformeerde kerk te dien.” (Danzfuss)
(Lees gerus ook Daniëls van die VGK, asook Danzfuss se verwysings na die verloop van die debatvoering oor Belhar op die 1986 sinode van die NGSK. Daar was heftige teenkanting teen van die formulerings in Belhar vanuit die NGSK se eie geledere! Lees ook Andrews se ernstige kommer soos dit later in hierdie artikel aangehaal word).
Belhar en die buitelandse kerke en teoloë
Bloot in die lig van bogenoemde gegewens is dit dus nie verrassend nie dat Belhar op die Gereformeerde Ekumeniese Sinode in Athene, in 1992, nie as belydenisskrif aanvaar is nie. (Die Kerkbode;1992:2). ‘n Tweederdermeerderheidstem kon nie ten gunste van Belhar verkry word nie, selfs nie onder buitelandse kerke wat saam met die destydse NGSK sterk protes aangeteken het teen apartheid se vergrype nie! 20 Afgevaardiges het teen Belhar, en 26 daarvoor gestem (Meiring 1992:354-363). Sedert hierdie vergadering is Belhar egter in sekere gereformeerde kringe aanvaar. Die rede vir die aanvaarding moet egter ondersoek word in ‘n ander studiestuk. Vrae kan gevra word of daar werklik intensief eksegeties na Belhar gekyk is, en of dit bloot ‘n tipe welwillendheidsgebaar was, sonder dat baie van die afgevaardigdes Belhar onder oë gehad het. Kyk byvoorbeeld na die tragiese omstandighede wat aan die lig kom waarbinne die Amerikaanse Presbyterian Church Belhar skynbaar bespreek het. Jerry Andrews, pleit voor die vergadering waar oor Belhar gestem moes word as volg:
“In my role as Chair of the Ecclesiastical Committee of my presbytery, as part of our preparation for a vote, I have proposed this conversation in our common life. I hope for a good response and quality conversation that leads to greater faithfulness because the Faith has been newly attended to. But.
I will not be advising the presbytery to vote YES on adding the Belhar Confession to our confessional standards for one simple reason: there is not enough time to give it the consideration it is due and which the Church should require before a decisive vote.
Confessions of Faith not only form the Church, they are formed by the Church. They, at their best and when we are at our best, arise from the hard work of advancing the theological mission of the Church, often in controversy, always with difficulty.
Confessions of Faith, prior to adoption by the Church, are to be examined—read closely, studied carefully, understood fully. This work is the work of the Church. It cannot be assigned to a task force. The work of any task force early in the process is to recommend further consideration or not, and produce helps for the whole Church to examine it well. As a Church considering a confession, this is the place where we should be—using the helps provided to examine the document. Instead, the task force of the General Assembly recommended adoption of the confession without offering even its own examination (approval is not examination). The General Assembly, neither in committee nor plenary, debated any one sentence or even cited one phrase in its debates. It recommended that the Church adopt the confession without discussion of its content.”
Mag die NGK tog hierdie waarskuwing ter harte neem! Dit is immers bekend dat selfs die bestaande belydenisskrifte redelik inhoudelik onbekend aan baie leraars is! Die afwys van Belhar as ‘n belydenisskrif deur die NGK sal dus duidelik nie aan blote hardnekkige diskriminasie toegeskryf kan word nie. Dit is ook insiggewend om die uiters kritiese beskouinge van Duitse teoloë rakende die inhoud van Belhar na te gaan. In 'n studiestuk praat Kaiser van "Christus se naam misbruik", "Kettery" ensovoorts in sy kritiek op sekere stellings in Belhar. Dieselfde Kaiser bevestig in die studiestuk ook dat apartheid nie skriftuurlike gronde het nie. Sy kritiek op Belhar staan dus bo verdenking uit 'n objektiewe eksegese.

BELHAR SE INHOUD ONDER DIE SOEKLIG

-Inleidende inhoudelike gevaarligte by Belhar

DaniëIs van die VGK is ongelukkig verkeerd as hy Belhar wil motiveer deur bloot ruimte te laat vir die moontlikheid van gebrekkige formulerings in Belhar se inhoud. (DaniëIs, 2001:205). Dit sal vervolgens aangetoon word dat die probleme rondom Belhar veel dieper is as gebrekkige formulerings.
Daniëls van die VGK (2001:196) bepleit Belhar se saak as volg:
“Belhar bely of verwoord maar net die geloof oor eenheid wat reeds in die NGSK se lidmate geleef het. Daarom is hierbo reeds gesê dat Belhar nie op direkte, enkele skrifbewyse berus nie, maar op ‘n hele reeks Bybelse assosiasies wat opgeroep word. Dit wil sê, Belhar probeer nie om die tekste te interpreteer nie. Die neerskryf van die belydenis het egter daardie tekste opgeroep. "
Daniels maak die stelling trots-ootmoedig! Dit is dus vir hom totaal aanvaarbaar dat Belhar tekste nie binne hul konteks (en volgens hul bedoeling dus) laat spreek nie. Dit is ook vir hom aanneemlik dat die tekste die mens se idees sanksioneer. Anders gestel: Daniëls vind dit nie vreemd dat die tekste Belhar se standpunte dien, eerder as dat Belhar in diens van die Woord kom nie. Belhar gebruik dus die Woord van God vir sy agenda.
Verdermeer; Binne ‘n tyd waar daar baie stemme binne die NGK ernstig waarsku teen ‘n biblisistiese Bybelversie-aanhalery deur gelowiges, sou dit verstommend wees as die NGK die onverantwoordelike Skrifgebruik van Belhar goedsmoeds sou ignoreer en aanvaar.
Die opstellers van Belhar sal dalk wil walgooi teen die eerlike belydenis(?) van Daniëls, maar later sal aangetoon word dat Daniëls heeltemal korrek is met sy stelling. Dit is dus duidelik waarom Britz (I998; 13 ) verklaar:
"Die belydenisgrondslag van die kerk sal verander (as gevolg van Belhar ). Belhar maak 'n hele nuwe manier van omgang met die Skrif... moontlik".
'n Kerk wat himself vereenselwig met Belhar, sanksioneer dus terselftertyd 'n bedenklike wyse van Skrifomgang; 'n Skrifomgang wat nie ootmoedig in vrees en tot eer van God sy heilige Woord eerbiedig nie. So word 'n Skrifomgang, saam met Belhar, gesanksioneer waardeur die mens sy argumente uit die woord verdedig eerder as om te bely wat die Woord werklik bedoel. Die duidelikste voorbeeld van die gevolge van so ‘n manier van Skrifomgang word sigbaar in Belhar se belydenis rakende die armes ...

Belhar en die armes

Jordaan skryf ‘n artikel onder die opskrif “Toutrekkery om God”, en daarin maak hy die volgende stelling:
“...Hierdie neiging (Toutrekkery om God) is baie sterk by sekere godsdienstige groeperings. 'n Voorbeeld hiervan is die Brits-Israel-beweging van die sogenaamde Wit Teologie. Tipies sektaries, wil die Wit Teologie God vir die blanke ras opeis: Hy is aan óns kant en basta met die res! Dieselfde geld vir die Swart Teologie, wat God vir die swart ras opeis; die Marxistiese teologie wat verklaar dat God Hom aan die armes se kant skaar; en die feministiese teologie wat van God 'n kampvegter vir vroue wil maak.
Die ellende met hierdie "teologieë" is dat elkeen van hulle God probeer inperk. Wat 'n gruwelike vermetelheid...” (Christelike biblioteek)
Hierdie “gruwelike vermetelheid” van die Marxistiese teologie, is ongelukkig ook sigbaar in Belhar se belydenis oor die armes en verontregtes. Belhar verwys sonder om die konteks van Bybelgedeeltes in ag te neem, na Skrifgedeeltes (en besonderlik na die evangelie van Lukas) om te kan verklaar:
“...dat Hy (God) in ’n wêreld vol onreg en vyandskap op ’n besondere wyse die God van die noodlydende, die arme en die veronregte is en dat Hy sy kerk roep om Hom hierin na te volg; (eie beklemtoning) dat Hy aan verdruktes reg laat geskied en brood aan die hongeriges gee; dat Hy die gevangenes bevry en blindes laat sien; dat Hy dié wat bedruk is, ondersteun, die vreemdelinge beskerm en weeskinders en weduwees help en die pad vir die goddelose versper; dat dit vir Hóm reine en onbesmette godsdiens is om die wese en die weduwees in hulle verdrukking te besoek; dat Hy sy volk wil leer om goed te doen en die reg te soek;
Een van die prominente “bewysplekke” waarna Belhar dan verwys om God ongekwalifiseerd, op ‘n besonder wyse, op te eis vir die armes, is Lukas 6:20-26:
“Jesus het sy dissipels aangekyk en gesê: “Geseënd is julle wat arm is, want aan julle behoort die koninkryk van God...”
Hier sien ons weer die tragedie van Belhar se Skrifgebruik soos wat dit doodeerlik deur Danïels erken word:
“Belhar probeer nie om die tekste te interpreteer nie, Die neerskryf van die belydenis het egter daardie tekste opgeroep. "
Hierdie gereformeerd-onaanvaarbare manier waarop die opstellers van Belhar die Bybel gebruik/misbruik, veroorsaak dat Belhar ongekwalifiseerd kan aflei dat God “op ‘n besondere wyse die God van die ... arme ... is” op grond van die klank van dele soos Lukas 6. Die ernstige Bybelleser sal dadelik besef dat die Skrif hier misbruik word vir die ideologie van die bevrydingsteologie. Die opstellers sou goed gedoen het as hulle verkieslik eerder die Skrif probeer interpreteer het, in plaas daarvan dat “die neerskryf van die belydenis ... daardie tekste opgeroep het” – Danïels. Wat mis Belhar by Lukas 6 (en trouens die ander dele wat uit die Skrif aangehaal word)? Groenewald skryf tereg in sy kommentaar op Lukas 6:20 die volgende:
“Volgens Lukas het Jesus Sy dissípels aangekyk toe Hy die veldrede uitgespreek het, maar net soos in die bergrede (Mt 5:1ev) was die menigte mense daarby en is Sy uitsprake ook bedoel vir almal wat hulle by Hom aansluit as Sy volgelinge. Hy spreek hulle aan as julle wat arm is en dui hulle daarmee aan as mense vir wie die evangelie bedoel is (vgl 4:18). Die dissipels is “arm” in díe sin dat hulle al hulle besittings verlaat het om Jesus te volg...”(eie beklemtoning)
Dit gaan duidelik in Lukas oor dié mense wat rykdom en die wêreld vaarwel geroep het ter wille van Jesus, wat deur Jesus salig verklaar word. Hulle armoede is die gevolg van hulle prysgee van die wêreld om Jesus te volg. Die rede vir hulle armoede word dus duidelik gekwalifiseer. Dit is ook die boodskap van die res van die Skrif oor armoede. Belhar, gedring deur die humanistiese bevrydingsteologie, verklaar egter dat God op ‘n besondere wyse die God van die arme is (lees: nieteenstaande jou goddelose leefwyse en weiering om Christus te volg).
Ridderbos doen in sy boek “De komst van het Koninkrijk” ‘n afsonderlike bespreking getiteld: “Het evangelie der armen” (p 167- 173). In sy bespreking is dit eweneens duidelik dat die bevrydingsteologie se stellings (soos ook in Belhar verwoord) ‘n totale verdraaiing van die Skrif is. God is níe ongekwalifiseerd “op ‘n besondere wyse” die God van die armes en die verontregtes in die samelewing níe. Ridderbos volg die spoor van die definisie van “armes” vanuit die OT en bespreek dit as volg:

“Dit word ons duidelijk, wanneer wij de Oudtestamentische achtergrond zowel van het begrip “arme” als van “armen van geest” in het oog vatten ... Deze “armen” of “armen van geest” (zachtmoedigen) treden telkens weer in het Oude Testament, speciaal in de psalmen en de profeten naar voren. Zij zijn het beeld van de maatschappelijk verdrukten, degenen die zuchten onder de macht van het onrecht en van degenen, die slechts met hun eigen voordeel en invloed rekening houden. Tevens zijn ze echter degenen, die in dat alles aan God vasthouden en alleen van zijn koninkrijk hun heil verwachten. Zij beantwoorden niet kwaad met kwaad en stellen geen onrecht tegenover onrecht. Daarom vormen zij temidden van de goddeloosheid en wêreldgezindheid van anderen het ware volk van Gods, dat als zodanig ook telkens weer met de belofte van het komende heil des Heren en van zijn verlossende koninklijke manifestasie getroost word. Ook in het latere vóór-Christelijke Jodendom komt het begrip “armen”meermalen in deze betekenis voor. Thans – Aldus is daar ook de gedachte – is het volk Gods onder de heidenen verstrooid; thans zijn ook de vromen en goddelozen met elkander vermengd in hetgeen van ouds het volk Gods was. Maar eenmaal zal het echte Israel door God worden vergaderd en tot openbaring komen. Deze kern van het Godsvolk wordt dan in navolging van Oudtestamentische teksten, speciaal in de psalmen van Salomo, “de armen” ... genoemd en op hen wordt van toepassing geacht alles wat aangaande de redding van Israel als het volk Gods door de profeten beloofd en in de kringen dergenen, die op God hoopten met heimwee verwacht werd. Tegen deze achtergrond zullen wij nu ook “de armen”aan wie het evangelie verkondig wordt, also ook “de armen van geest” en “de zachtmoedigen”in de zaligsprekingen hebben te beschouwen. Wij hebben hier dus niet te doen met een nieuw ethisch ideal, noch enkel meteen aanduiding van social onrecht, dat zal worden te niet gedaan, óók niet met een algemeen religieuze notie van kennis van eigen onvolkomenheid en zonde, die geschikt zou maken voor het koninkrijk Gods. Men kan zeggen, dat het begrip “armen” zowel sociaal als religious-etisch bepaald is. Doch vóór alles ontleent het zijn inhoud aan het feit , dat deze “armen” en “zachtmoedigen”van ouds in bizondere zin de dragers zijn der heilsbelofte, omdat in hen het ware volk Gods gevonden wordt en omdat zij, in tegenstelling met degenen die hun hoop op deze wêreld gevestigd hebben, het heil dat God aan zijn volk in het vooruitzicht gesteld heft, als de “vertroosting Israels”,verwachten (Luc 2:35,vgl 6:24; 16:25, Matth. 5:4)”
Opsommend leer die Bybel dus, volgens Ridderbos, dat “armes” die teenpool is van goddelose wêreldse mense. “Armes” is mense wat God se heil verwag, eerder as die vreugde van wêreldse rykdom. Hier kom ‘n totale ander definisie op die voorgrond as by Belhar wat verklaar dat God ongekwalifiseerd die God van die sosiaal-armes en verontregtes is. Belhar se definisie is bloot lasterlik en Skriftuurlik onhoudbaar.
Moet God nagevolg word deur Sy kerk om ongekwalifiseerd by álle armes te staan in hulle swaarkry, soos Belhar beweer? Nee! Ongekwalifiseerd staan by die armes (soos Belhar navolging van God verstaan), sonder die oproep tot bekering, is humanisme en nie die taak van die kerk nie. Anders gestel: Dit is lásterlik en óngehoorsaamheid aan God as die kerk in die samelewing sou kant kies vir sekere samelewingsgroepe. Die kerk moet die evangelie met daad en Woord aan “arme”, selfvoldane rykes en “arme”, geldgierige, goddelose armes bly verkondig, anders as wat Belhar met sy venynige liefdeloosheid teenoor verlore rykes dit wil hê. Hierdie twee tragiese groepe, sosiaal-armes en sosiaal –rykes, is beide “ryk” aan hulle hoop op die wêreld. Beide hoop op die wêreld – die een groep voel net hulle het al die hoop bereik, en die ander groep streef nog daarna om die hoop wat in besittings te vinde is, te bereik. Beide is tragies want hulle ken en soek nie die ware vreugde en “rykdom” in Christus nie.

Belhar toon ‘n totale onbegrip vir die ware tragiek en ellende van mense. Belhar getuig dus van die totale geblinddoekte en eensydige agenda van sy opstellers se tyd en omstandighede. Dit spreek van ‘n uiters oppervlakkige en eensydige verstaan van die doen van geregtigheid. Belhar se verstaan van die gehoorsame doen van geregtigheid spreek dus ook van uiterste humanistiese eensydigheid, soos later meer omvattend aangetoon sal word.
Kortliks moet stilgestaan word by nog ‘n voorbeeld van Belhar se ligsinnige Skrifgebruik, in sy pleidooi dat God op ‘n besondere wyse die God van die armes ens is. Belhar, gedring deur die tydgebonde agenda van sy haastige opstellers, verwys ook as “bewysplek” vir sy lering oor armes en geregtigheid najaag, na Lukas 16:19-31. Volgens Belhar leer die verhaal van die ryk man en Lasarus dat God op ‘n besondere manier die God van die (sosiaal)armes is, en die kerk moet ook so maak as die kerk gehoorsaam aan geregtigheid wil wees. Bloot ‘n uiters ligsinnige en vinnige lees van hierdie gedeelte kan aanleiding gee tot so ‘n afleiding. Belhar se opstellers sou goed gedoen het om eers te gaan nadink het waarom die ryk man se naam nie genoem word in die verhaal nie, terwyl Lasarus se naam wel genoem word. Met deeglike eerbiedige nadink oor die Skrif sou hulle dan ontdek het dat Jesus hier in ‘n strydgesprek betrokke was met die geldgierige, Jesus-veragtende Fariseers (Lukas 16:14). Hierdie Fariseers wat nie hulle hoop en hulp van God in Christus verwag nie, maar hoop op hulle band met Abraham(16:22 e.v.!) word deur die ryk man in die verhaal voorgestel, daarom het die ryk man geen naam nie. Hy is tipe van die Fariseers. Die arm man se naam word doelbewus-berekend genoem. Dit is ‘n naam wat die hele verhaal ontsluit. Sy naam is....Lasarus. Lasarus wat beteken: GOD HELP. Hy is dus nie bloot arm en goddeloos nie, maar arm en Sy hoop is in God. Daarom dien hierdie arme in hierdie wêreld, wat Sy hoop op God gerig het, en nie op besittings nie, as teenpool van die geldgierige Fariseers. Hý, en nie die wêreldse mens, vind dat God op ‘n besondere wyse sy God is. BESONDERE wyse op ‘n veel dieper wyse as wat Belhar verwag dat God op ‘n besondere wyse God is. BESONDERS in die sin dat Hy die ewige skatte van die hémel gee aan die wat hulle hoop op hom gerig het, ten koste van aardse rykdom. Die kerk moet daarom aan ryk en arm vertel dat as God in Christus jou God is, het jy BESONDERE rede om rustig te leef in hierdie hartseer wêreld. God is dan immers op ‘n BESONDERE wyse jou God.
Hier sien ons net weer die verskriklike gevolge wat voortspruit uit Belhar se ligsinnige Skrifmisbruik ter wille van hulle agenda. Die evangelie word verduister en verskraal weens hierdie haastige en ligsinnige Skrifomgang wat in Belhar aangewend word. Hoe kan die kerk van die Here haarself vereenselwig met so ‘n Belydenisskrif? Spreek dit nie van uiterste ligsinnigheid binne die kerk nie? Bely u, die leser, regtig saam met Belhar hierdie ligsinnige dinge?
Belhar se verdedigers staan dikwels, soos reeds aangetoon, stil by die Lukas evangelie om aan te toon dat Belhar tóg reg is, as Belhar bely dat God op ongekwalifiseerde, besondere wyse die noodlydende, die arme en die verontregte se God is.
Indien dit ‘n regte verstaan van die Lukas-evangelie is, sou mens tog verwag dat Jesus alle kontak met diesulkes wat nie noodlydend, arm en verontreg is nie, sou vermy om die skare tevrede te hou wat hierdie verwagting het dat Hy eerder by die armes ens moet staan. Hierdie skare het immers uiters selfsugtige en aardse verwagtinge gehad van Jesus, want hulle was onderdruk en verontreg deur die Romeine se regering van hulle tyd. Klink nogal soos Suid-Afrika van 1986 toe Belhar geskryf is. Hulle verwag Jesus moet inval by hulle planne met Hom. Hy moet aan hulle kant as onderdruktes kom staan teen alle mense wat baat vind by die bestaande sosiale en politieke bestel. Jesus gooi egter die appelkar om in die Lukasevangelie. Hyself ontbloot Belhar se leuenteologie op die pad na Jerigo. Mens sou verwag dat Jesus uit die skare sou kies om by ‘n noodlydende, arm en verontregte persoon te gaan inloer, soos dit vandag se politici betaam wanneer die skare en televisie se oog op Hom gerig is. Jesus veroorsaak egter konsternasie onder hierdie bevooroordeelde, haatdraende skare van verontregtes en noodlydendes. Hulle verwag dat Hy soos hulle bevooroordeeld moet staan teen die onderdrukkers en mense wat voordeel trek uit die onderdrukkende sisteem van hulle dag. Hy sal tog nie so laag daal om by so ‘n bevoordeelde onderdrukker te gaan oornag nie? Woede breek los teenoor Jesus toe Hy Sy oornagplek kies. Hulle woede en vooroordeel wys egter net dat hulle die ware Jesus, met al hulle vooraf lofliedere oor Hom, glad nie geken het nie... Hy kies die mees gehate man in die oë van die skare (en in die oë van Belhar-belyers dalk ook?). Hy kies ‘n man wat glad nie aan Belhar se standaarde voldoen nie, om by tuis te gaan. Hy kies die uitnemende voorbeeld van rykdom om by tuis te gaan. ‘n Man wat sy rykdom bekom het deur die armes uit te buit, en verontregting te pleeg. ‘n Man wat op die rug gery het van die voordele van die politieke sisteem van sy dag. Hy kies die tollenaar Saggeus, want die Seun van die mens het nié op ‘n ongekwalifiseerde en besondere wyse gekom vir mense wat voldoen aan sekere sosio-politiese standaarde nie. Hy sluit die Saggeus-verhaal af met woorde wat die woedende skare glad nie wil hoor nie. Hy mag nie só onbevooroordeeld wees teenoor die sosio-politiese onderdrukkers nie sou hulle murmureer. Tog sê Hy doodeenvoudig:

“Die Seun van die Mens het immers gekom om te soek en te red wat verlore is” (Lukas 19:10). Maak nie saak of hulle ryk of arm verlorenes is nie.

Treffend dat ons dan lees hoe Saggeus dan, omdat Hy in Jesus glo, bereid is om arm te word deur sy besittings en wêreldse vreugdes prys te gee... Hy vergeet sy eie belange en sien andere se nood skielik raak omdat Hy in Jesus glo.
Let mooi op: Hy is lynreg anders as hierdie skare arm, onderdrukte en verontregte mense wat in selfsug en eie liefde Jesus vir hulle saak wil opeis, terwyl hulle harte vol haat en nyd teenoor hulle ryk en verlore naaste is.
So word ryk Saggeus... “arm”... ter wille van Christus..., en daarom is Hy nóú... ‘n arm... geseënde... saam met die res van die dissipels... wat Jesus volg... en nie in selfbejammerende..., haatdraende selfsug... Jesus vir sy eie saak probeer kaap nie.

Belhar en eenheid

In 'n studiestuk van hierdie aard is 'n volledige eksegese van al Belhar se stellings, asook van die tekste waarna verwys word, onmoontlik. Dit is duidelik dat veral Efesiërs 2 en 4, asook Johannes 17 kerntekste vir Belhar was in die formulering van Belhar se verstaan van eenheid. Op grond van Efes. 4 verklaar Belhar dat die eenheid van die kerk van Jesus Christus daarom gawe en opdrag is... wat nagejaag en gesoek moet word. "Belhar verduidelik dan sy verstaan van eenheid in die kritiek teen dwaling met die volgende woorde: "... wat ontken dat 'n weiering om hierdie sigbare eenheid as 'n kosbare gawe na te jaag sonde is." Die opdrag tot eenheid is dus vir Belhar in die daarstel van 'n sigbare eenheid. Wie nie hierdie sigbare (en strukturele eenheid) bely nie, is besig om sonde te doen, volgens belyers van Belhar. Die afleiding is nou vervolgens dat uit Belhar daar ‘n nuwe verstaan van kerkwees na vore kom as wat die Bybel leer en die FE bely. Belharbelyers glo dat strukturele eenheid die opdrag van die Bybel is. Party sal egter vra: Bely Belhar regtig ‘n strukturele eenheid?
Hierdie afleiding waartoe hierdie studiestuk kom, word bevestig deur die feit dat Belhar 'n "...sigbare en werksame eenheid van die kerk" bepleit, en kritiek uitspreek teen "aparte kerkformasie". Belhar praat ook van "een sigbare volk van God" asook “dat hierdie eenheid sigbaar moet wees”. Tussen die los aanhalings van Bybeltekste word dit duidelik dat Belhar streef na een kerkstruktuur.
Die stelling word bevestig deur Daniëls se stelling (2001:206):
”'n Belydende kerk is nie een wat 'n belydenis het nie, maar een wat hul belydenis is; een wat hul strukture en optrede sigbaar maak sodat die wêreld kan sien".
Die VGK en Belhar verstaan dus op geen onduidelike wyse die Skrif as opdraggewend tot strukturele eenheid. Diegene wat nie strukture wil laat saamsmelt nie, doen sonde, volgens Belhar. Is dit werklik die boodskap van die Skrif dat strukturele eenheid 'n opdrag is? Het die Skrif en FE dalk eerder 'n ander tipe eenheid in gedagte?

Spreek die Bybel van strukturele eenheid?

Pont (1995:785) skryf
''Die aandrang op sigbaar-organisatoriese eenheid is 'n negentiende-twintigste-eeuse verskynsel waar die geloof in Christus dikwels as 'n menslike daad verstaan word en nie meer as 'n genadegawe van God nie. Daarom word in hierdie dae geoordeel dat die eenheid van die Kerk deur mense verwerklik kan word, as een kerklike struktuur opgerig word".
Pont verwys onder andere na Nijenhuis wat "eenheid en algemeenheid lê in die consensus in puram doctrinam en as dit nie bestaan nie, is daar nie van eenheid sprake nie, want dan is daar geen eenheid met die hoof van die kerk, Christus, nie."
Botma (1997:345) verwys na Barth wat sê:
"But what is meant by the quest for the one church? It cannot be concerned with the magical fascination of numerical unity or uniqueness, nor with ethical and social ideals of uniformity, mental harmony and agreement. It must rather be concerned with the imperative content of the acknowledgement that there is one Lord, one baptism, one God above all, for all and in all (Ef 4) "
Belhar dwaal as dit dus uit die gawe van een geloof, een doop ensovoorts aflei dat strukturele sigbare eenheid moet bewerk word. Spoelstra (1989;293) sê: "Gereformeerdes identifiseer nie eenheid in Christus met struktuur nie". Calvyn het duidelik ook nie die Skrif verstaan as opdraggewend tot “ ‘n institutêre, organisatoriese eenheid nie" (Pont 1995:784). Danzfuss verwys dan ook tereg na die NGB met die volgende opmerking:
“Vir Belhar is kerkeenheid primer ’n sigbare, strukturele eenheid. Hierteenoor bely ons in Artikel 27 van die Nederlandse Geloofsbelydenis geen strukturele eenheid nie:‘Verder is hierdie heilige kerk nie geleë in, gebonde aan of bepaal tot ‘n sekere plek of sekere persone nie, maar dit is oor die hele wêreld versprei en verstrooi. Tog is dit met hart en wil en deur die krag van die geloof in een en dieselfde Gees saamgevoeg en verenig”.
Susan Cyre, ‘n Amerikaanse teoloog skryf as volg in haar “ A Critique of the Belhar Confession”:
“The Second Helvetic Confession shows this relationship between truth and unity, “unity consists not in outward rites and ceremonies, but rather in the truth and unity of the catholic faith. The catholic faith is not given to us by human laws, but by the Holy Scriptures.…”
In contrast to these confessions, the Belhar places unity above everything including revealed truth. The Belhar confesses, “we reject any doctrine, which professes that this spiritual unity is truly being maintained in the bond of peace while believers of the same confession are in effect alienated from one another for the sake of diversity and in despair of reconciliation”. Is this “diversity” related to sexual behavior? Or to beliefs about the nature and work of Christ, or to birth status like “Jew and Gentile, slave and free”? Belhar isn’t clear.
Scripture and the Confessions are clear that false beliefs and sinful behavior cause disunity. It was the false priests and prophets that Jeremiah condemned who proclaimed “peace, peace” when there could be no peace because of Israel‟s idolatry and sinful behavior (Jer. 6:14). Jeremiah was viewed by the false priests and prophets as the unity breaker. Ahab called Elijah the “troubler of Israel” because Elijah‟s condemnation of sin destroyed unity. And Jesus said he came not “to bring peace but a sword” (Matt.10:34). We should seek unity but it cannot be at the expense of truth. Scripture and the Confessions are clear that as long as sin continues in us, unity cannot be realized fully. To attempt to produce unity apart from truth, as the Belhar does, is to deny truth matters and to put “truth and falsehood on a level” which the Book of Order rightly calls “pernicious.” Presbyteries should vote NO to including Belhar in the Book of Confessions”

Belhar en Efesiërs 4 en Johannes 17

Belhar lei sy begrip van 'n sigbare eenheid as opdrag af uit Efes 4:1-16 en Joh 17:20-23. Wil Efes 4 en Joh 17 regtig eenheid as opdrag beveel op die wyse waarop Belhar die "eenheidsopdrag" verstaan, naamlik 'n sigbare en werksame eenheid"?
Ef 4:10-16 leer hoe Chrlstus gawes gegee het aan die gemeente om die gelowiges toe te rus, en so word die gemeente opgebou as liggaam van Christus. Opgebou tot eenheid in geloof (13) en kennis van die Seun van God. So realiseer die eenheid van die geloof deur die gawes/"ampte" wat Christus gee. Grosheide sê aangaande v13: "De gereedmaking der heiligen,... leidt ook tot de eenheid van geloof en kennis" (Grosheide; 1960:67). Deur die bediening van die gawes/ampte kom gelowiges tot die einddoel naamlik eenheid in geloof. Die eenheid in geloof word nie hier op aarde bereik nie, weens die sondigheid van die mens. Calvyn in sy kommentaar op Efesiërs 4:13 sê:
"Such is the weakness of our nature, that it is enough if every day brings some nearer to others, and all nearer to Christ. The expression , coming together (v13), denotes that closest union to which we still aspire, and which we shall never reach, until this garment of the flesh, which is always accompanied by some remains of ignorance and weakness, shall have been laid aside."
Dit wat ons in Christus is, realiseer dus nie deur menslike aktiwiteite wat een sigbare struktuur daarstel nie, maar realiseer waar gelowiges in die plaaslike gemeentes al meer opgroei in waarheid en kennis van Christus, deur die gawes se bediening. Dán erken en herken mense regoor die wêreld wanneer hulle mekaar raakloop dat hulle dieselfde “taal“ praat en een is in Christus. Hulle vier saam nagmaal want hulle weet die ander een bely die nagmaal se waarhede soos ek dit bely. Hulle vier hulle eenheid in Kanada of Rusland of waar hulle ook al is, sonder om eers gou hulle strukture een te maak... as hulle nie wil sondig nie (Belhar)! Hulle voel nie gewetensdwang om eers strukture op te rig nie. Maar, hulle kom agter dat hulle nie een(s) is in die geloof as hulle egter reuseverskille het oor die ware leer. Dan vermy hulle mekaar eerder agv die feit dat hulle nie een in waarheid is nie. Hier op aarde verwerklik volkome eenheid dus nooit nie, as gevolg van die dwaling/valse leer. Eendag in die hemel sal ons kom tot volmaakte eenheid in geloof. Hier op aarde bring die bediening van die waarheid "everyday... some nearer to others, and all nearer to Christ."
Daar is geen sprake van 'n entoesiastiese verwerkliking van eenheid as mense kerklike strukture oprig nie. Dit is bloot om deur die menslike daad Christus se werk te probeer oorneem. Die "ampte" se "bydrae" tot eenheid is bloot daarin geleë om die waarheid te bedien.
Botma (1997:338) vat Calvyn se verstaan van die Skrif se “eenheidsopdrag" as volg saam:
"Die eenheid waarvoor Calvyn hom beywer het, was dus ‘n eenheid in waarheid soos dit in die heilige Skrif geopenbaar is" en "uiterlike organisatoriese eenheid sonder die waarheid was nie werklike eenheid nie. Calvyn het nie gesoek na 'n broederskap tussen mense sonder die regte leer nie."
Daarom gaan, by sowel Calvyn as Luther, die waarheid vooraf aan die eenheid van die kerk. Die eenheid van die kerk word as't ware sigbaar in die waarheid van die notae ecclesiae".
Samevattend: Die daarstel van een kerklike struktuur is nie 'n Bybelse opdrag nie, maar 'n moderne-eeuse menslike uitvindsel. Die plaaslike gemeente wat deur die bediening van die gawes/ampte van Christus hul beywer vir die waarheid deur lering en onderrig van gelowiges, maak erns met die gegewene dat ons een in Christus is. Sonder eenheid in waarheid, is daar geen ware eenheid nie, al rig mense entoesiasties-demonstratief “ter wille van die wêreld" een kerkstruktuur op. Verder meer is dit bloot lasterlik om mense se gewetens swaar laste op te lê deur Christus se naam te betrek by so 'n eenheidsgedagte, en dit as Bybelse opdrag voor te hou aan mense. Die probleem hier is dus nie noodwéndig die eenword van strukture nie, maar die feit dat Belhar dit as Bybelse opdrag op mense se gewetens probeer bind in belydenisvorm. Dit spreek bloot van swak en onverantwoordelike Skrifuitleg, gemotiveer deur ‘n tydsgebonde kerkbeeld.
Die onhoudbaarheid van so ‘n ideaal kom duideliker aan die lig as mens prakties hieroor nadink: Moet daar regtig gestreef word daarna dat die kerk regoor die wêreld versamel word binne een struktuur? Dit sou tog duidelik onmoontlik wees. Moet die kerk daarom skuldig voel omdat sy, soos Belhar leer, nie een struktuur opgerig kry reg oor die wêreld nie? Natuurlik nie! Juis hierin word die dwaasheid van Belhar se Skrifverstaan oor eenheid sigbaar. Daarom pas dit om veel eerder saam met die NGB heel anders oor die kerk te bely:
“Verder is hierdie heilige kerk nie geleë in, gebonde aan of bepaal tot ‘n sekere plek of sekere persone nie, maar dit is oor die hele wêreld versprei en verstrooi. Tog is dit met hart en wil en deur die krag van die geloof in een en dieselfde Gees saamgevoeg en verenig”
Net so seker as wat die Heilige Gees alleen heiligheid in die heilige kerk kan bewerk deur die Woorddiens, net so seker kan die Heilige Gees alleen eenheid bewerk deur die Woorddiens van waarheid. Hier mag die mens nie aktivisties probeer oorneem nie, deur “sigbare en werksame" eenheid organisatories daar te stel nie. Net so seker soos volmaakte heiligheid eers in die hemel sal werklik word, so ook met eenheid. Daarop wag die kerk in geloof , terwyl ons sug, .. en die waarheid bly bedien sodat mense deur die Woordbediening gevorm kan word om een in waarheid en liefde te word... al kom daar nie een magtige-organisatoriese struktuur tot stand nie.
b) Kan regtig uit Joh 17 uit afgelei word dat ons geroep word om. “eenheid sigbaar" te maak ... sodat die wereld kan glo dat "Christus vyandskap en haat oorwin het tussen mense en mensegroepe"?
Anders gestel: Wat is die werklike doel wat volgens Jesus se gebed bereik moet word as Hy bid vir hulle eenheid? Belhar verdraai Christus se woorde om eerder 'n humanistiese ideologie van broederskap te promoveer as die doelwit wat bereik moet word. In Joh 17 bid Jesus dat gelowiges een mag wees... "sodat die wêreld kan glo dat u My gestuur het. Ek het hulle die heerlikheid gegee wat U My gegee het" (v27,22).
Brown se kommentaar hierop is:
"we contend that these statements do not mean that the world will accept Jesus, rather the christian believers will offer to the world the same type of challenge that Jesus offered. A challenge to recognise God in Jesus " en "Jesus presented a challenge because he claimed to be the revelation of God's glory, now Jesus has given this glory to the Christians (v22), and so the challenge comes through them" (Brown;1966:778).
Calvyn lê ook die klem op die feit dat die doel van die eenheid is om die heerlikheid van God te openbaar. Dit doen ‘n "very excellent pledge, of the love of God towards believers, which the world is compelled to feel, whether it will or not, when the Holy Spirit dwelling in them sends forth the rays of righteousness and holiness".
Calvyn toon dus aan dat Jesus bid om die Heilige Gees se werking in gelowiges, waardeur die wêreld bewus sal word van God se liefde as hul sien hoe gelowiges geregtigheid en heiligheid in eenheid uitstraal.
Belhar gee egter op grond van Joh 17, 'n totaal ander verstaan aan die doel van eenheid. Belhar leer dat mense moet sien dat hul nie meer geskei moet wees van mekaar in haat nie. Dit gaan vir Belhar oor blote menslike harmonie, as Jesus hier bid om eenheid. Dle wérklike doel is egter dat mense bewus moet word van die heerlikheid van God. Dit is tog onbetwisbaar dat net die Gees ‘n tipe eenheid kan bewerk wat die wêreld bewus maak van die heerlikheid van God. 'n Menslike najaag van hierdie tipe eenheid asof ons dit deur menslike strukture daar kan stel, is bloot minagtlng van die werk van die Vader, Seun en Gees. Belhar se gebrek aan eksegese lei hier tot die verwoording van 'n humanistiese ideologiese en demonstratiewe eenheid van menslike harmonie, eerder as om die gerigtheid op God van Johannes 17 raak te lees. Geen mense-aktiwiteit kan daardie soort eenheid bewerk nie. Die wyse van die eenheid is ook hier nie 'n strukturele eenheid nie, maar 'n eenheid op gelyke vlak met Ef 4 (Calvyn rakende Joh.17 )

Belhar en geregtigheid

Belhar leer: "... dat die kerk sal getuig en stry teen enige vorm van ongeregtigheid" asook "...dat die kerk as eiendom van God moet staan waar hy staan, naamlik teen die ongeregtigheid en by die verontregtes." Belhar sê ook dat die kerk teen magtiges en bevoorregtes moet getuig. Belhar koppel die gehoorsaamheid aan geregtigheid dus primêr aan hulpverlening, bystaan en stry vir minderbevoorregtes. Hierin lê vir Belhar gehoorsaamheid aan geregtigheid en navolg van Christus. Is dit suiwer lering of word ook hierdie afdeling van Belhar gekenmerk deur eensydige agendas?

Die Skrif en geregtigheid

Belhar se agenda (veg vir onderdruktes) verlei sy opstellers ongelukkig daartoe om “op ‘n eensydige manier tekste uit te soek en afleidings te maak" (Britz;I998:13). So ontstaan 'n totale verdraaiing van die Bybel se bedoeling met geregtigheid. Belhar bely -
“..dat Hy die gevangenes bevry en blindes laat sien; dat Hy die wat bedruk is ondersteun, die vreemdelinge beskerm en weeskinders en weduwees help en die pad vir die goddelose versper; dat vir Hom reine en onbesmette godsdiens is om die wese en die weduwees in hulle verdrukking te besoek; dat Hy sy volk wil leer om goed te doen en die reg te soek; dat die kerk daarom mense in enige vorm van lyding en nood moet bystaan, wat onder andere ook inhou dat die kerk sal getuig en sal stry teen enige vorm van ongeregtigheid”
Belhar is heel korrek as dit leer dat “Hy Sy volk wil leer om goed te doen en die reg te soek”. Die probleem kom in daarby dat Belhar só gepreokkupeerd is met die onderdrukkende sisteem wat destyds in die land geheers het, dat dit gehoorsaamheid aan die geregtigheid uiters eensydig beperk tot hulp en veg vir mense in situasies van onderdrukking. Wat van die sonde en goddelose praktyke wat deur hierdie onderdruktes gepleeg word? Moet die kerk ‘n blinde oog draai daarvoor dat hierdie onderdruktes nie in die regte verhouding met God is, en Sy naam ontheilig nie? Geregtigheid in Belhar word dus uiters eensydig beperk tot veg vir die onderdruktes se reg. Dit spieël dus ‘n gerigtheid op die onderdrukte mens.
Hoe lyk ware gehoorsaamheid aan geregtigheid? Ridderbos se kommentaar op die nuwe gehoorsaamheid in Christus aan geregtigheid leer die volgende:
"reeds uit de herhaalde tegenstelling met 'zonde' blijkt het alomvattende van het begrip geregtigheid, blijkt ook zijn primair op God gerichte inhoud en bepaaldheid" (Ridderbos;1971:287 in sy bespreking van Romeine 6 waarna Belhar ook verwys.)
Hierdie perspektief op geregtigheid koppel Ridderbos terug ook aan die OT definisie van die begrip 'tsedaka'. Die getroue eksegese van die woord geregtigheid in die Skrif het dus 'n veel dieper dimensie as armesorg of onderdruktes bystaan. Ridderbos toon ook aan dat die nuwe gehoorsaamheid aan Christus daarom ook gerig is op heiligheid (Romeine 6:19,22). Belhar ignoreer hierdie kardinale perspektiewe totaal. Verder doen Belhar weinig moeite om vooraf eers te praat oor die forensiese geregtigheid waar God in Christus ons in 'n nuwe verhouding tot Hom plaas. Uit hierdie forensiese geregtigheid kan daar werklik nagedink word oor die nuwe gehoorsaamheid aan geregtigheid.
Die nuwe gehoorsaamheid aan Christus, en die doen van geregtigheid, het dus ‘n gerigtheid teen sonde op alle vlakke en persone in die samelewing tot eer van God, én vanuit die feit dat die gelowige die geregtigheid in Christus ontvang het. Belhar se eensydige verstaan van geregtigheid spreek van 'n afwesigheid van ernstige eksegese. Die gevolg is die daarstel van 'n humanistiese ideologie van bevryding eerder as ware verwoording van die Skrif se bedoeling met die gedagte ‘ gehoorsaamheid aan die geregtigheid’.
b. 'n Kerk "wat staan waar hy staan" by die verontregtes en teen die ongeregtigheid, adem dus veel meer van die bevrydingsideologie as van gebalanseerde skrifuitleg. Efesiërs 6 rig eerder verontregte slawe se oog op Christus as om jou staan te gaan staan by hulle op ‘n revolusionêre wyse. Dis hartseer dat Belhar hierdie aspekte nie gebalanseerd weergegee het nie. Samevattend kan dus gesê word dat Belhar ook wat die Bybelse begrip geregtigheid betref ongelukkig nie die Skrif tot diens is nie, maar eerder die agenda van die onderdruktes verdedig.

Belhar bring al reeds tragiese, siek vrugte voort

Die feit dat Belhar ‘n skewe teologie daarstel, wat bots met die Skrif en die FE word duidelik in die vrug wat Belhar reeds opgelewer het. Belhar het in sy kort bestaan reeds die deure oopgemaak vir dwaling in die kerk. Die Amerikaner, Susan Cyre toon dit duidelik as volg aan:
“Allen Boesak, one of the architects of Belhar, told members of his Uniting Reformed Church in South Africa in 2008 that the Belhar should be used to end discrimination against those who practice same-sex behavior. Boesak claimed, “Based on Belhar, the church should fully accept gay members, should perform gay marriage ceremonies and allow ministers in gay relationships to serve in the church.” Although Boesak's own church rejected his interpretation of the Belhar, the fact that he would see its potential for this purpose demonstrates that Belhar can be used in this expansive way.
Speaking to a group at Louisville Presbyterian Theological Seminary this past April on the Belhar, Boesak told the group, “the demand for inclusivity goes well beyond the issue of race” to include “women, people with disabilities and those whose sexual orientation is not heterosexual.”
There is evidence of an intent to apply the Belhar to same-sex behavior in the PCUSA. Cynthia Holder Rich, a member of the Advocacy Committee for Racial Ethnic Concerns that initially brought the Belhar to the General Assembly acknowledged that the Belhar is being used to “press other issues.” She told a joint meeting of the PCUSA Advisory Committee on Social Witness Policy, the Advocacy Committee of Women‟s Concerns, and the Advocacy Committee on Racial Ethnic Concerns that met in January 2010, “Theologians have used this document to press issues other than race….You may or may not know that that is part of the international conversation…. This document is about freedom. People of different sexual orientations are not free and so this document could be used to free people.”
The Reformed Church in America (RCA) is a Formula of Agreement partner with the PCUSA and has approved the Belhar. The RCA interprets the Belhar in their official study guide to go beyond racism “to all forms of exclusion” including same-sex behavior. The study guide uses the Belhar to apply to the Israel-Palestine conflict and always in a way that is pro-Palestinian. The RCA Commission on Christian Action has publicly said they use the Belhar in addressing issues before them that include: the farm bill, Sudanese refugees, the Iraq War, immigration, minimum wage increases and America‟s embargo of Cuba.5
How will this expansive interpretation of unity be used in the church? The Rev. John Austin, of Madison Avenue Presbyterian Church in New York City and member of the Special Committee that recommended to the GA that the Belhar be added to the Book of Confessions, said, “The church needs to be transformed by Belhar.”6 We should ask, since the church rejected racism more than 40 years ago, how will Belhar transform the church? What new teaching does Belhar confess that will transform the church?”(Cyre)
Belhar is op die regte manier aangehaal deur dr Boesak. Die VGK was net nie bereid om te erken dat Belhar die deure so wyd oopmaak vir die leuen nie. Belhar skep vir die kerk ‘n verleentheid. Hoe kan die kerk die waarheid verkondig en bely oor sake soos homoseksualiteit, as haar eie belydenisskrif duidelik aanleiding gee tot sulke legitieme afleidings van mense buite die kerk?
Die spoor van onmin en wrywing as gevolg van Belhar in die VGKSA en NGKA, asook binne die NGK, spreek boonop vanself. Slegs uiters naïewe persone kan dink Belhar is ‘n skadelose dokument wat nie ‘n instrument in die hand van die vader van die leuen is nie.

SAMEVATTING
Daar is in hierdie artikel die volgende aangetoon:
1) Die NGK se bestaande belydenisskrifte is so duidelik in die afwys van dwalinge rondom geregtigheid, versoening en eenheid dat die kerk nooit moes verval het in ‘n praktyk van diskriminasie, vooroordele en verskeurdheid nie. Die NGK en VGK moes met groter erns vanuit die waarheid van ons bestaande belydenisskrifte geleef het, en met mekaar gepraat het, dan sou die hartseer van die verlede vermy kon gewees het. ‘n Verdere belydenisskrif rondom hierdie sake was en is dus nie nodig nie.
2)  Belhar gee huisvesting aan 'n onhoudbare en ongereformeerde tipe omgang met die Heilige Skrif.
3)  Belhar se inhoud is nie Skriftuurlik betroubaar nie, maar selektief en dien 'n Suid-Afrikaanse samelewinggroep se agenda eerder as wat dit die Skrif naspreek.
4) Belhar se eensydige, bevooroordeelde en tydsgebonde omgang met die Skrif, bring dit in botsing met die FE.
5) Belhar het reeds in sy kort bestaan aanleiding gegee tot die opening van deure vir allerlei valse leringe.

BRONNELYS

ANDREWS J
2010. Voting? On the Belhar. The Presbyterian Coalition webtuiste
BOTMA A en KOEKEMOER JH
1997. Die verskynsel van die eenheid-verskeidenheid van die kerk: In gesprek met Calvyn. HTS 53 (1 en 2) : 326-352
BRITZ RM
1998. Belhar verskil van ons Belydenisskrifte. Die Kerkbode 160 (14) : 13
BROWN RE
1966. The Gospel according to John (Vol 2) London: Chapman (The Anchor Bible)
CALVYN J
1) 1509-1564 . Commentary on John (Vol 2). Theophilos CD Dr AH Bogaards 1999, Ivan Jurik
2) Commentary on Ephesians
3) 1581 The Institution of the Christian Religion ( Prefix to the fourth edition) Translated by T Norton. Electronic edition. Logos Library.1998
CYRE S
2010. A Critique of the Belhar Confession.The Presbyterian coalition webtuiste
DANIëLS A
2001. Bybelgebruik in die Belharbelydenis se artikel oor ‘eenheid’. Scriptura 77(2):193-209
DANZFUSS T
2005. Waarheid en dwaling webblad. Drie opvolgartikels in Mei - Julie 2005.
ELOFF S
1998. Skriftuurlik en Teologies is Belhar nie waterdig nie. Die Kerkbode 160(14):12
GROENEWALD EP
1989. Die evangelie volgens Lukas - Skrifuitleg vir Bybelstudent en gemeente. NGK Uitgewers.
GROSHEIDE FW
1960. Die brief van Paulus aan de Efeziërs. Kampen. JH Kok (Commentaar op het Nieuwe Testament)
JONKER WD
1994. Bevrydende Waarheid. Hugenote uitgewers Wellington
KAISER B
Zum Glaubensbekenntnis der NGSK. Ongepubliseerde studiestuk vertaal deur Prof. Von Delft. UV
MEIRING PGJ
1992. Die gereformeerde ekumeniese sinode, Athene, 1992: Om Christus vandag te volg! NGTT 33(3): 354-363
PONT AD
1995. Die Reformatoriese Kerkbegrip. Enkele groot lyne op grond van Calvyn se uiteensetting. HTS 51(3):771-791
RIDDERBOS H
1) 1971 Paulus. JH Kok Kampen
2) 1950 De Komst van het Koninkrijk. JH Kok Kampen
SPOELSTRA B
1998. Gereformeerde Kerkreg en Kerkregering. Die Hammanskraalse Teologiese Skool van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika.
BELHAR nie in Athene as belydenis aanvaar nie. 1992. Die Kerkbode. 149(21):2