NGK KROONSTAD-WES KERKRAADSBESLUIT 7 SEPTEMBER 2020
Die kerkraad het met groot kommer en ontsteltenis kennis geneem van die Algemene Sinode 2019 se besluite oor selfdegeslagverhoudinge.
Al ons lidmate het by hul openbare geloofsbelydenis belowe dat ons die Bybel as Woord van God aanvaar en dat ons daarin sal volhard tot die einde van ons lewe en “alle leringe wat daarvan afwyk sal verwerp”
Al ons kerkraadslede (ouderlinge, diakens en leraars) het by bevestiging in die amp hierdie belofte weereens herhaal.
Ons bely ook almal in die Nederlandse Geloofsbelydenis Art 7 “ons verwerp daarom met ons hele hart alles wat nie met hierdie onfeilbare reël ooreenkom nie..”
Die kerkraad is oortuig dat die Algemene Sinode 2019 se besluite oor selfdegeslagverhoudinge direk in stryd is met dit wat die Woord van God ons daaroor leer.
In die lig van bogenoemde het die kerkraad besluit
om al die besluite van 2019 oor selfdegeslagverhoudinge in geheel te verwerp
om amptelik ’n geskil met die Algemene Sinode te verklaar oor bogenoemde besluite in die lig van God se Woord
om intussen as gemeente oor te gaan tot ’n staat van dolering waardeur ons saam met baie ander behoudende lidmate en kerkvergaderings treur oor die afvalligheid van die Algemene Sinode.
om die ASM te versoek om in die lig van die erns van die saak dringend ’n Algemene Sinodale vergadering byeen te roep waar die geskil besleg kan word.
Aangesien ons geskil met die Algemene Sinode is, is dit na ons beskeie mening die enigste kerkvergadering wat die saak weer kan regstel. Daarom stel ons nie belang in taakspanne of kommissies se besoeke nie want hulle het geen mandaat om die Algemene Sinode se besluite te wysig nie.
Die praktiese implikasies sowel as die graad en tyd van ons doleansie sal bepaal word deur die reaksie van die ASM en Algemene Sinode op ons versoek vir ’n buitengewone vergadering waar die saak indringend bespreek kan word.
VIR ENIGE NAVRAE: DS PIETER - 0833022903